11
Gesels saam. / Vergifnis
« Last post by Blikkies on March 20, 2022, 06:40:53 AM »Vergifnis
Jesus het jou lief! Dit is amper soos of Jesus glad nie ‘n geheue het nie. Aan die kruis, in sy sterwens oomblik pleit Hy by Vader vir God se vergifnis oor ons, want Hy het klaar vergewe. Nęrens lees ons ook dat Hy terug verwys na waar mense Hom sleg behandel het nie. Inteendeel, Hy gaan uit om die sondaars, die wat verkeerd doen uit te soek, die tollenaars, die hoereders, selfs die Legio’s wat vol verskillende bose geeste is; om vir hulle te wys hoe om te leef, wat vergifnis werklik is. Jesus leer ons hoe om te vergewe. As ons as mense nie ‘n geheue gehad het nie, sou ons nie nodig gehad het om te vergewe nie. Ons sou eenvoudig net alles vergeet het, maar nou onthou ons. Dit maak vergifnis ‘n wilsbesluit, ‘n besluit waarin jy vir Vader moet vra om jou gesindheid te verander teenoor die persoon wat jou te nagekom het, dat jy hom of haar met nuwe oë kan sien. Wanneer jy iemand nie kan vergewe nie, sluit jy jouself inwerklikheid uit van die genade wat Jesus met Sy kruisdood in jou lewe gebring het. As jy iets wil onthou, onthou dat jy die persoon vergewe het en die keuse kan net jy alleen maak. Dit maak ‘n verkil aan jou eindbestemming. Vergifnis sluit niemand en niks uit nie.