6
« Last post by Blikkies on February 02, 2021, 09:50:54 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste sê wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief te hê soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.