Godspraak

Godspraak forum => Lofoffer => Topic started by: mielie on August 20, 2008, 01:14:30 PM

Title: Dankie Heer
Post by: mielie on August 20, 2008, 01:14:30 PM
Ek glo vas dat niks in jou lewe gebeur sonder dat God jou vooraf waarsku nie.

Die boodskap van die HERE terwyl ek met 'n baie belangrike werkstuk besig is, is moet jou nie bekommer nie - Jy sal MY in aksie sien.

Ek dink daaraan dat die aansoek waarmee ek besig is deur GOD geseen sal wees en dat die gevolge positief sal wees. Terwyl ek die "stryd van die werkstuk" voer kom die boodskap:  Los die werkstuk, dit word nie meer benodig nie.nie. Jy het reeds gekry waarvoor jy vra!

En ek beleef GOD in aksie.  HY wat weet wat my omstandighede is.  Hy antwoord in my dankie sÍ tyd "EK sien dat jy moeg en leeg is.  wees rustig en wag  EK sal jou VOLMAAK. En ek Glo dit want ek het GOD in aksie beleef.
Title: Dankie Heer
Post by: mielie on August 28, 2008, 09:55:01 PM
Here, Hierdie week het ek U in aksie gesien.  Baie dankie dat U wat so groot is iemand soos ek, en die mense vir wie ek lief is, wat so klein is so seŽn.   U gee meer as waarvoor ons gevra het.  Ons dank en eer aan U alleen.
Title: Dankie Heer
Post by: mielie on September 05, 2008, 07:50:09 AM
Dankie Heer, vandag ismy seun se verjaardag.  Hy is gesond, is gelukkig getroud, het 'n werk.  Daarvoor sÍ ek dankie.  Dankie vir al die talente waarmee u hom geseÍn het.  Dankie dat hy U ken.
Title: Dankie Heer
Post by: mielie on September 12, 2008, 08:30:50 AM
Eerste Kleinkind veilig gearriveer om 5:55vm  Dankie HERE hy is gesond en pragtig. Sal uhom seŽn en gee dat hy U sal dien met sy hele lewe.
Title: Dankie Heer
Post by: mielie on September 25, 2008, 11:26:37 PM
Dankie Here my seun endogter het hierdie week hulle eksamens suksesvol afgelÍ Mag u naam verheerlik word.
Title: Dankie Heer
Post by: mielie on October 17, 2008, 12:41:39 AM
Dankie Heer dat ek weet dat u vir my jongste ook gaan voorsien.
Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on August 30, 2009, 08:21:46 PM
Here Jesus, ons kom in verootmoediging vanaand na U toe en sÍ dankie Here, dankie dat U in Henry se behoeftes voldoen het, dankie dat U in iemand anders se hart gespreek eht en hy oop was vir U stem en gedoen het wat U van hom gevra het. Dankie dat Henry weer 'n werk gekry het en Dinsdag kan begin, sodat hy vir sy gesin kan sorg waar hy 2 maande sonder werk gesit het. Dankie ook Here dat hierdie tyd van beproewing hom en sy gesin baie nader na U getrek het en hulle tot die besef kon kom van hoe afhangklik ons werklik van U is. Dankie Here, ons loof en prys U grote Naam. Amen.
Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on August 18, 2010, 12:32:50 AM

Here Jesus, dit is met ootmoed dat ek hier voor U kom staan en dankie sŤ, dankie dat ek weer gesond genoeg is om aan te kan gaan, dankie dat al hierdie dinge wat met Henry en sy gesin gebeur het, hulle so baie nader aan U gebring het dat hulle besluit het om U onvoorwaardelik te volg, dankie Here, want ons kan nou terug kyk en sien waarom al hierdie dinge met hulle gebeur het, want U was besig om hulle te snoei soos U in U Woord sŽ, en daarvoor loof en prys ons U.
Amen
Title: Re: Dankie Heer
Post by: mielie on September 03, 2010, 12:42:50 AM
Dankie Heer vir U troue sorg. Stuur my met nuwe krag om in U akker te werk.  Dankie vir Pieter en Lenie Hou U hand oor hulle.  Dankie vir Rudi en vir al die hulp wat hy aan my verleen.  Dankie vir U genade. Net soos Pieter sukkel ek deesdae met my gesondheid.  Heer U is die groot geneesheer. Alle dank kom U toe Amen.
Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on September 03, 2010, 09:34:12 PM
AMEN
Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on September 06, 2010, 12:25:51 AM
Onthou jy nog hoe opgewonde ons was toe ons eers 100 en kort daarna 200 besoekers gehad het, en toe dit bietjie afgeplat het? Onthou hoe ons teenoor mekaar gekla het dat daar niks op Godspraak gebeur nie?
Onthou jy hoe die Here vir ons gesÍ het dat ons net moet aangaan en die saadjie moet plant en Hy sal self water gee en laat groei?
Kyk waar staan ons vandag, en al die lof en eer kom die Here toe, want Hy is waarlik 'n Groot God en dit alles deur net gehoorsaam te wees aan Hom.

Dankie Here, vir U wonderlike liefde en genade
Ons loof en eer U daarvoor
Amen

Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on October 05, 2010, 12:07:53 AM
DANKIE LIEWE HEER DAT U ALTYD TYD VIR ONS HET,
DAT U NOOIT SÍ WAG EERS BIETJIE, LATER SAL EK NA JOU LUISTER.
DANKIE DAT ONS U STEM KAN HOOR IN DIE WIND, IN DIE BRANDERS VAN DIE SEE, ORAL, AS ONS NET LUISTER.
DANKIE VIR ALLES WAT ONS VERGEET OM VOOR DANKIE TE SÍ.
STUUR U ENGELE RONDOM ONS VANDAG ASB O HEER,
DANKIE DAT ONS MAG VRA OMDAT U LIEFDE SO GROOT IS.
AMEN.

Moya Marshall
Title: Dankie Heer
Post by: Blikkies on January 17, 2011, 01:47:17 PM
DANKIE HEER

By U troon kniel ek, o Heer
In stil aanbidding voor U neer
Ek loof en prys U grote Naam
En vou my hande in eerbied saam
Swak is ek en hulpeloos
Wil U in liefde my vertroos
Sterk my in U Godílik krag
Vat my hand en hou dit vas
Voor U troon kniel ek, o Heer
Om U te bring die lof en eer
En al my liefde aan U te wy
Heiland wees my tog naby
Dankie Heer vir kinders teer
Aan my in liefde toevertrou
Dankie dat ek hul kon leer
Om nie hul huis op sand te bou
Saam kniel ons voor U troon Heer
Om U te dank, te loof, te eer
Om ons lewens aan U te wy
Heiland wil U ons veilig lei
Swak is ek en hulpeloos
Wil U in liefde my vertroos
Sterk my in U Godílik krag
Vat my hand en hou dit vas.

Deur L Blignaut
Title: Re: Dankie Heer
Post by: mielie on June 09, 2011, 01:42:52 AM
Dankie Heer vir U liefde en U trou.  U het die jaar in so 'n kragtige pinkster boodskap voorsien en ek sien dit vanoggend eers raak vir wat dit is.  Mag U naam verheerlik word.  Alle lof en eer behoort aan U alleen!
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on June 18, 2011, 12:15:43 AM
My Pappa Vader, vanoggend wil ek U loof en prys vir die wonderlike voorreg dat U vir ma Lena vir nog 'n jaar gespaar het en ook die voorreg dat sy my ma is. Waar sy vandag haar 86 ste jaar herdenk, kom al die lof en eer U toe wat vir haar genadig was tot nou toe en ook sal wees vir die toekoms. Geloof sy U Naam
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on December 04, 2011, 10:17:18 PM
Onthou jy nog hoe opgewonde ons was toe ons eers 100 en kort daarna 200 besoekers gehad het, en toe dit bietjie afgeplat het? Onthou hoe ons teenoor mekaar gekla het dat daar niks op Godspraak gebeur nie?
Onthou jy hoe die Here vir ons gesÍ het dat ons net moet aangaan en die saadjie moet plant en Hy sal self water gee en laat groei?
Kyk waar staan ons vandag, en al die lof en eer kom die Here toe, want Hy is waarlik 'n Groot God en dit alles deur net gehoorsaam te wees aan Hom.

Dankie Here, vir U wonderlike liefde en genade
Ons loof en eer U daarvoor
Amen

Onthou jy nog ????

Kyk waar staan ons vandag, die Here was goed vir ons, Hy was toe reg toe Hy vir ons gesÍ het, "My kind, saai jy, EK sal laat groei" Kan jy glo dat ons saam al Ī 10 000 stukkies, ens gepos het, boodskappies van Hom, deur ons, deur ander kinders. eer Sy Heilige Naam
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on January 02, 2012, 12:25:47 AM
Dankie Pappa Vader vir die voorreg om U Woord deur middel van vandag se tegnologie uit te kan dra na die wÍreld. Ek het U innig lief
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on February 23, 2012, 12:21:01 PM
Ek wil graag die volgende deel;

Ek het sowat 2 jaar gelede ernstige steek- en hoofpyne begin kry aan die regterkant van my hoof. Die breinscan's het getoon dat daar veelvuldige klein beroertes teenwoordig was, verlede jaar in Mei  is 'n opvolg scan geneem en toon dat daar geen verbetering is nie. Intussen het die hoofpyne meer intens geraak , sodanig dat my visie in my regter-oog erg aangetas is. Ek het toe by Dr Kobus Fourie in Vereeniging uit gekom wat tydens die ondersoek my die nuus meegedeel het dat ek 'n ernstige trombose/beroerte in my oog gehad het en sowat 20% visie oor het. Hy het Avestin inspuitings direk in die oog voor gestel, kursus van 6 inspuitings. Na die 3de inspuiting het ek in Januarie 2012 gegaan vir 'n ondersoek en deur die genade en die troue God wat ek dien, het my oog sodaing herstel dat geen verdere inspuiting nodig is nie en my visie is basies terug waar dit was voor die beroerte. Ons dien 'n GROOT GOD en ek bringh HOM al die lof die eer en die aanbidding. Dankie Pappa Vader
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on March 19, 2012, 03:59:00 PM
There's a love wider than wide
 There's a love higher than high
 There's a love deeper that deep
 It's the love, God's wonderfull love

 I'm so glad I know His Love
 
There's a Man greater than great
 There's a Man stronger than strong
 His the One who lay down His life
 The only One who rose from the dead
 
I'm so glad I know this Man
 
I'm secure I'm resting in Him
 Abundant life victorious in Him
 Through His Blood forerver I'm free
 By His Blood even through me
 
I'm so glad I know His Name

Peter Coffee
Title: Re: Dankie Heer
Post by: Blikkies on September 21, 2012, 10:53:44 AM
Ek wil graag die volgende deel;

Ek het sowat 2 jaar gelede ernstige steek- en hoofpyne begin kry aan die regterkant van my hoof. Die breinscan's het getoon dat daar veelvuldige klein beroertes teenwoordig was, verlede jaar in Mei  is 'n opvolg scan geneem en toon dat daar geen verbetering is nie. Intussen het die hoofpyne meer intens geraak , sodanig dat my visie in my regter-oog erg aangetas is. Ek het toe by Dr Kobus Fourie in Vereeniging uit gekom wat tydens die ondersoek my die nuus meegedeel het dat ek 'n ernstige trombose/beroerte in my oog gehad het en sowat 20% visie oor het. Hy het Avestin inspuitings direk in die oog voor gestel, kursus van 6 inspuitings. Na die 3de inspuiting het ek in Januarie 2012 gegaan vir 'n ondersoek en deur die genade en die troue God wat ek dien, het my oog sodaing herstel dat geen verdere inspuiting nodig is nie en my visie is basies terug waar dit was voor die beroerte. Ons dien 'n GROOT GOD en ek bringh HOM al die lof die eer en die aanbidding. Dankie Pappa Vader

Dankie Pappa Vader dat my oog 100% herstel het, dankie dat die dokter dit gister kon bevestig dat by U niks onmoontlik is nie. Ek loof en eer U daarvoor