Author Topic: Gebed vir Lenie  (Read 11571 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #105 on: August 29, 2016, 02:54:58 AM »
Pappa Vader, U alleen weet waardeur ons van die 2ste Mei af deurgemaak het met Lenie in en uit ICU en waar die virus infeksie haar amper oorwin het. Ons wil met dankie se vir elkeen se gebed reg oor die wereld wat saam gebid het, mort asb nog nie ophou nie, die rehab pad is nog lank en steil. Maar ons vertrou dit ook aam Pappa Vader toe want ons weet Hy sal ons ook hierdeur kom dra. Alle lof en eer aanbidding kom hom toe
 Amen en Amen
Cor Deo Jesu
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #106 on: August 05, 2017, 01:11:52 PM »
My liefie,

Baie dankie vir 39 jaar wat jy my lewe al met my deel, baie dankie vir al jou liefde, geduld en soms ook as ek koekroller moes wegsteek,

deur die 43 jaar wat ons al in mekaar se lewens is, as ek vandag moes voor begin, sou ek niks verander het nie(😂 miskien 'n vevaldatum wou sien😂😂).

Nogmaals baie dankie vir alles, en mag Vader ons pad vorentoe ook Bless soos wat Hy reeds die afgelope 43 jaar doen

EK IS BAIE LIEF VIR JOU.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #107 on: August 16, 2017, 07:38:37 AM »
Pappa Vader, ek dra weer vanoggend vir Lenie aan U op, U weet waardeer sy op die oomblik gaan

U weet hoe haar gemoedstoestand is, gee haar asb kalmte en rustigheid

Gaan ook met ons wat direk rondom haar is, skenk ons wysheid om al hierdie dinge reg te hanteer

Dankie vir U liefde en genade

Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #108 on: September 21, 2017, 05:09:06 PM »
Vader, dankie dat U vandag met Lenie was in die teater, dankie dat als goed afgeloop het, ons loof en eer U daarvoor
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #109 on: November 04, 2017, 06:50:18 AM »
Pappa Vader, ek dra weereens vir Lenie aan U p

Dankie dat dit beitjie beter met haar gaan as Dinsdag en veral gister toe sy weer her opgeneem is in ICU nadat haar liggaam wer begin afskakel het

Dankie dat sy gisteraand weer haar o kon oopmaak en saggies met ons kon praat

Dankie dat ek kan weet dat U reeds met haar herstel proses besig is

Ek loof en prys U daarvoor
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #110 on: December 03, 2017, 08:09:46 PM »
Pappa Vader, ek dra weereens vir Lenie aan U op, U weet hoe seer sy het, U weet hoe geswel sy is en haarself daaroor bekommer, U ken haar gemoedstoestand maar dankie Here, U weet ook hoe sterk en diep haar geloof is
Raak haar aan asb Vader met U hand van geneesing
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #111 on: January 09, 2018, 09:56:58 PM »
Pappa Vader, ek kom l weer vir Lenie by U voete neer vanaand.
Na die 2 dae se dialise waar hulle 8 liter vog afgetrek het is sy baie moeg en moedeloos
Sy gaan weer mre vir 4 ure se dialise en ook Vrydag
Ek bid dat sy beter sal voel
Dankie dat ek die van U kan afbid
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #112 on: January 21, 2018, 03:37:35 AM »
Pappa Vader,
ons dra weereens vir Lenie aan U op & bid dat U haar sal aanraak met U hand Van liefde & genesing.
U weet hoe bekommerd ons is oor die arm wat so seer en geswel bly wat so pyn & brand.
U weet dat sy alweer van gisteroggend af in die hospitaal l
Dat sy vanaf 16:00 uur gisteraand tot en met 18:00 uur gisteraand in die operasie teater was
waar hulle die geblokte are waarmee sy dialise ontvang probeer oopmaak het en dat volgens die dokters dit suksevol was
Dit is die gebed van my hart, dat U drasties sal ingryp & genesing of pynverligting sal bring,
baie dankie dat ons dit van U kan vra & weet dat U reeds daarmee begin & besig is. ons is baie lief vir U.
Dankie dat ons ook kan weet dat haar geloof in U so uiters sterk is en dat dit by U is waar sy haar krag vandaan kry om elke dag met 'n glimlag te kan aangaan
Daarvoor loof en prys ek U groot en Heilge Naam
Amen en Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #113 on: August 26, 2018, 09:50:37 PM »
Dankie Vader,
dat U in hierdie laaste 4 weke met ons was, veral met Lenie waar sy weer twee keer in die hospitaal en teater was om die are na die hart op te maak sodat hulle kan dialise doen, dankie dat U haar ook hierdeur gedra het
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #114 on: December 11, 2018, 04:12:20 PM »
Hallo, Lenie is Sondagmiddag opgeneem in ICU Mediclinic, Vereening met 'n liggaam wat weer gecrash het
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #115 on: December 17, 2018, 11:15:07 PM »
Lenie is weer tuis na sy 'n week in ICU was, sy sterk nou tuis aan omdat sy nog maar swak is en sukkel om te staan en te loop
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir Lenie
« Reply #116 on: November 05, 2019, 09:29:47 PM »
Baie dankie vir elkeen wat vir Lenie en ons as gesin gebid het tydens haar lang siekbed

Waar sy nou is het sy geen pyn en seer meer nie
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9866
    • http://www.godspraak.co.za
Laaste Gebed vir Lenie
« Reply #117 on: June 27, 2020, 09:18:29 PM »
Hierdie skrywe kom nou so bietjie 10 maande later, ek moes myself eers bymekaar kry om die boodskap oor te dra. Lenie is huistoe op 11 Oktober 2019 na 'n ernstige siekbed waar uit sy nie weer kon opstaan nie, dinge het die laaste 6 jaar met rasse skrede agteruitgegaan en Vader was haar so genadig om haar op 'n rustige manier te kom huistoe neem met ons almal by haar en ek het die wonderlike Goddelike voorreg gehad om haar na 48 jaar terug te gee aan Vader wat haar aan my toevertrou het om te vertroetel en te beskerm.
Nadat ek haar heeltemal losgemaak het{release} het en Vader haar terugeneem het kon ek persoonlik dieselfde met haar doen en haar vrae om nou huistoe toe te gaan en te gaan rus, sy het my met die een oog met liefde aangekyk en glimlaggend haar oe gesluit en saggies vertrek, ek is die Here God dankbaar vir die 48 jaar wat sy my soulmate, maatje, vrou, lover, moeder vir my en ons kinders en kleinkinders kon wees en wat sy tot en met die laaste asemteug voluit gedoen het. Hiervoor loof en eer ek God en Vader vir die wonderlike vooreg wat ek gehad dat Hy juis vir haar as my lewensmaat geleen het. Vandag weet ek dat sy gelukkig en pynloos is en dit gun ek haar, dis nie vir ons elke dag maklik nie maar Vader het my baie goed voorberei op my toekoms alleen voorentoe te loop. Ek glo vas in my wete en verstand en siel dat Pappa Vader nog 'n doel met ,my in die lewe oorhet en ek submit my 100% daaraan. Dankie vir elke vriend wat ook in hierdie tyd ondersteuning gebied het, ek het groot waardering daarvoor maar ek gaan steeds julle ondersteuning nodig he in die tyd wat voorle, vir die wat regtig saam met my wil wees, nie net uit nuuskierigheid die. Vader, baie dankie ook vir die nuwe wonderlike vriende en vriendinne wat U oor my pad gestuur het

Mag die genade van God die Vader
Die liefde van God die steun
Die tegenwoordigheid van God die Heilige Gees e
elke oomblik van elke dag met elkeen van jou wees
Amen en Amen

SHALOM

GOD MET ONS
Pieter Blignaut